Dawid Kruiper Municipality
Munisipaliteit Dawid Kruiper

 


PRESS RELEASES

ONGEïDENTIFISEERDE DEPOSITO’S (18 January 2019)

Onderstaande lys van inbetalings reflekteer in die munisipaliteit se bankrekening.  Die verwysing wat verskaf is, is egter onvoldoende ten einde die korrekte kwitering van die bedrag te verseker.

Indien ‘n verbruiker oor die nodige dokumentasie beskik wat as bewys kan dien van inbetaling, kontak asseblief vir Regan Britz by 054 – 338 7028 of e-pos bewyse na regan.britz@dkm.gov.za



ONGEïDENTIFISEERDE DEPOSITO’S (04 December 2018)

Onderstaande lys van inbetalings reflekteer in die munisipaliteit se bankrekening.  Die verwysing wat verskaf is, is egter onvoldoende ten einde die korrekte kwitering van die bedrag te verseker.

Indien ‘n verbruiker oor die nodige dokumentasie beskik wat as bewys kan dien van inbetaling, kontak asseblief vir Regan Britz by 054 – 338 7028.



Administratiewe kalender soos deur die raad goedgekeur (Kalender 2018-2019)

Die publiek is welkom om die Raadsvergaderings by te woon. Daar moet vooraf plek bespreek word aangesien daar beperkte sitplek is.





Persverklaring: Klagte prosedure (09 April 2018)

Menigte inwoners van die Dawid Kruiper Munisipaliteit dink glo dat klagtes op sosiale media,
soos belastingbetalersgoepe op Facebook, die enigste manier is om hulle klagtes en
bekommernisse rakende die dienslewering van die plaaslike munisipaliteit te laat aanhoor.
Goeie nuus vir hierdie bekommerde inwoners is dat die Dawid Kruiper Munisipaliteit  ‘n klagte
prosedure aangeneem het om navrae, klagtes, kommentaar en komplimente te registreer.
Dit is alles deel van hulle volwaardige elektroniese klagtesisteem.

Die Dawid Kruiper klagteprosedure is soos volg:
Stap 1 – Raadpleeg die kliëntediens, by die ingang van die hoofgebou  of bel die volgende
nommers 054 338 7181/054 338 7125. Of u kan dit via die webtuiste doen op
www.dawidkruiper.co.za.
Stap 2 – Vul die klagtesregister in by die kliëntedienskantore, insluitend u besonderhede en die
aard van u klagte. Dit sal hulle in staat stel om u klagtes vas te stel en aan te teken op hul
elektroniese klagtesisteem. Naweke of na ure kan u die brandweer op (054) 338 7400 skakel.
U word ook aangemoedig om u klagtes per e-pos in te dien. Die epos adresse is
customercare@kharahais.gov.za of client@kharahais.gov.za.
Stap 3 – Sodra u klagte op die stelsel aangebring is, sal dit na die betrokke departemente verwys
word. ‘n Unieke verwysingsnommer is by elke klag aangeheg. U kan u unieke
verwysingsnommer kry as u daarvoor aanvra.
Stap 4 – Kliënte sal ingelig word of hul probleem onmiddellik opgelos kan word aldan nie. Indien
nie, sal die kliënte op die vordering van hul probleme ingelig word. U kan u telefoon nommer by
die klientediens afdeling afgee vir terugvoering rondom u klag.
Al die departemente is daartoe verbind om klagtes dadelik binne die omvang van hul beperkte
hulpbronne op te los.

Die Kliëntediens-eenheid is verantwoordelik vir die spoedige vaslegging en eskalasie van klagtes
aan die betrokke departemente. Kliëntklagtes word maandeliks deur middeml van’n verslag aan
die raad voorgelê.
Dit is dus in die beste belang van DKM kliënte om klagtes, navrae, voorstelle en aanvullings aan
die kliëntedienstoonbank by die ingang van die hoofgebou te registreer.




Persverklaring: Bouplanne (09 April 2018)

Die Dawid Kruiper munisipaliteit wil weereens die belangrikheid van bouplanne onder
die inwoners se aandag bring. Dit is belangrik dat u die prosedure moet volg om
sodoende u plan te laat goedkeur. Dit sal ook help om die veiligheidsaspekte van bou
na te kom.
1. Hoekom is die indien van bouplanne belangrik?
(a) Om te verseker dat daar nie oor munisipale grootmaat dienste gebou word nie. Menige eienaars moes
al ongemagtigde strukture afbreek weens die feit dat daar bo-oor munisipale dienste gebou is.
Grootmaat dienste is net eenvoudig te duur om te skuif.
(b) Vir sekere strukture is daar brandvoorkomingsvereistes en mag hulle nie nader as ‘n bepaalde afstand,
soos deur die regulasies bepaal, van die grens gebou word nie. die veiligheid van die bure moet ook in
ag geneem word met die oprigting van ‘n struktuur.
(c) Daar moet verseker word dat die geboue wat gebou word aan al die veiligheidsstandaarde voldoen
om te verseker dat die inwoners of werkers in ‘n veilige omgewing verkeer en sodoende lewensverlies
voorkom.
(d) Regulasie bepaal ook ingevolge “Eneregy Efficiency in Buildings” dat die geboue met die regte isolasie
gebou word om die maksimum natuurlike energie bronne te benut. Dit word deur die tekenaar
bereken met die teken van die bouplanne.
2. Wat moet ek doen as ek ‘n verandering op die goedgekeurde plan wil aanbring?
(a) Eertens moet die tekenaar genader word om ‘n gewysigde bouplan te teken wat dan weer by die
munisipaliteit vir goedkeuring ingedien moet word.
(b) Die gewysigde bouplan moet die veranderinge duidelik toon en moet die eienaar seker maak dat die
veranderinge is soos hy/sy dit wil hê.
(c) Geen bouwerk mag in enige stadium begin word alvorens skriftelike goedkeuring van die
munisipaliteit se boubeheer nie verkry is nie.
3. Wat se planne moet ingedien word?
(a) Terreinplan met sy Noordpeiling aangetoon.
(b) Uitlegplanne met al die dienste (water, elektries en riool)
(c) Dakuitleg
(d) Deursnitplanne wat die , mure en dakhoute se diktes aantoon.

(e) Alle vorms en planne moet deur die tekenaar en die eienaar onderteken word voor indiening by
die munisipaliteit vir goedkeuring.

Vir verdere navrae kan u die boubeheer afdeling op (054) 338 7071/ 7371 skakel.




PERSVERKLARING  (03 April 2018)

1.Dawid Kruiper Munisipaliteit waak daarteen om op sosiale media met die publiek te
kommunikeer aangesien die weergawes van belanghebbendes verkeerd interpreteer kan word.

2.Dawid Kruiper Munisipaliteit is ook bewus daarvan dat nie alle Upington inwoners van sekere
sosiale media forums gebruik maak nie.

3.Die Munisipaliteit vestig weereens lesers hiervan se aandag daarop dat daar kanale gevolg kan
word om met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se Raad te kommunikeer.

4.Wat die ope brief aanbetref van Mnr Sakkie Spangenberg soos in die Gemsbok geplaas, ten
einde die feite reg deur te gee aan die publiek, wens Dawid Kruiper Munisipaliteit die volgende
onder die publiek se aandag te bring:
4.1 Op 01 Julie 2013 het Khara Hais Munisipaliteit ‘n huurooreenkoms met Oranje
Watersport BK gesluit vir Erf 15747, welke huurooreenkoms tot ‘n einde loop op 30 Junie
2018.
4.2 Die Munisipale Raad het alreeds voor 01 Julie 2013 besluit dat die eiendom nie vir
basiese dienslewering benodig word nie en daarom kan die eiendom verhuur word aan
die BK.
4.3 Oranje Watersport BK kon nie markverwante huur vir die eiendom betaal nie en het
by die Raad aansoek gedoen vir ‘n laer tarief, welke die Raad goedgunstiglik oorweeg
het en is die eiendom teen R1 000,00 per maand aan die BK verhuur.
4.4 Op 24 Augustus 2015 het die BK aangedui dat hulle belangstel om die eiendom te
koop en het die Raad besluit om die eiendom per openbare tender te verkoop en is die
BK so vroeg as 04 Desember 2015 van die besluit in kennis gestel.
4.5 Die vervreemding van die eiendom is per openbare tender geadverteer en was daar
slegs 2 tenders ontvang, welke die van die BK en ‘n ander party.
4.6 Die BK se tender het nie voldoen aan die tender spesifikasies nie en was ook nie
die hoogste tender welke ontvang is nie.
4.7 Die Bk was nie tevrede met die toekenning van die tender nie en het ‘n
hersieningsprosedure in die Hoë Hof Kimberley geloods.
4.7.1 Uitspraak is nog nie ontvang nie en kan geen kommentaar daaroor dus
gelewer word nie.

5. Die Munisipaliteit betreur die manier hoe Mnr Spangenberg, in sy hoedanigheid as lid
van die Beslote Korporasie, sekere persone aanval op sosiale media en ander platvorms
en beskou dit as ‘n hartseer dag dat betrokke
partye nie die regte kanale volg om griewete lig met die Munisipaliteit en die Raad nie.

6. Die publiek moet kennis neem dat die belange van die breë publiek deur die
Munisipaliteit op die hart gedra word en nie slegs ‘n uitgesonderde groep nie.



Administratiewe kalender soos deur die raad goedgekeur (Kalender 2017-2018)

Die publiek is welkom om die Raadsvergaderings by te woon. Daar moet vooraf plek bespreek word aangesien daar beperkte sitplek is.





PERSVERKLARING – DKM Begroting  (27 Maart 2018)

Dawid Kruiper Munisipaliteit se konsep begrotings is op 27 Maart 2018 tydens ‘n Raadsvergadering goedgekeur en gaan tans deur die publieke deelname proses.

Die tariefverhoging van  6 persent vir eiendomsbelasting, riool en vullisverwydering is voorgestel. ‘n Nuwe Water-tarief word ook voorgestel vir die nuwe finansiële jaar.

Addisionele riool-tariewe word ingestel vir woning/gastehuise bo 400m2.

Elektrisiteitstariewe styg met 6,84% teenoor verlede jaar se 1,88%.

Alle huishoudings ontvang ‘n waardasie-korting van R15 000 op die waarde van die huis. Hierdie korting bring te mee ‘n korting van R15,38 per maand op die eiendomsbelasting.

Die totale kapitaalbegroting vir die 2017/2018 finansiële jaar beloop sowat R127 477 730,31. R 83 417 382 van die nuwe Dawid Kruiper Munisipaliteit se kapitaalbegroting sal uit eie fondse befonds word en R 44 060 348 sal befonds word uit toelaes/skenkings.

Die totale bedryfsbegroting vir die boekjaar 2018/2019 beloop R 711 606 661, wat ‘n groei van 14,32% aandui.

Die begroting handel hoofsaaklik oor die keuses wat die munisipaliteit moet maak tussen mededingende prioriteite, beskikbare finansiële hulpbronne en fiskale realiteite. Die uitdaging is om meer te doen met die beskikbare hulpbronne.

Dawid Kruiper Munisipaliteit sê hy sal sal voortgaan om die gehalte van dienste aan sy burgers te verbeter, maar om dit te kan doen, moet dit die vereiste inkomste genereer.

Die munisipaliteit se inkomstestrategie is gebou rondom die volgende sleutelkomponente:

  • Nasionale Tesourie se riglyne en makro-ekonomiese beleid;
  • Groei in die munisipaliteit en volgehoue ekonomiese ontwikkeling;
  • Elektrisiteitstariefverhogings soos goedgekeur deur die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder van Suid-Afrika (NERSA);
  • Bereiking van volle koste-herwinning van spesifieke verbruikersheffings, veral met betrekking tot handelsdienste;
  • Bepaling van die tarief eskalasiekoers deur stigting / inkomstebehoefte van elke diens te bereken;
  • Die munisipaliteit se eiendomsbelastingbeleid goedgekeur ingevolge die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting (Wet 6 van 2004);
  • Verhoog die vermoë om nuwe dienste uit te brei en koste te verhaal;
  • Die munisipaliteit se behoeftige beleid en die lewering van “gratis” basiese dienste; en
  • Tariefbeleid van die munisipaliteit.

Die publiek het tot 11 Mei 2018 kans om kommentaar, insette of besware op skrif in te dien oor die konsep begroting. Alle kommentaar, insette en besware sal aan die Raad voorgelê word vir bespreking voordat die Raad die finale begroting sal goedkeur voor 31 Mei 2018.


Copyright © 2017. Dawid Kruiper Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Dawid Kruiper Municipality - IT | Website T&Cs