Die Dawid Kruiper Munisipaliteit stel hiermee alle inwoners formeel in kennis dat daar ‘n HOË
WATERGEBRUIK UITDAGING is. Daar is gevind dat die verbruikspatrone buitengewoon
hoog is, veel hoër as die Nasionale Norme en Standaarde, ongeag die semi-woestyn gebied
se hitte en plantegroei. Die onttrekking uit die Oranjerivier, Besproeiingskanale en die
Kalahari-Oos Pyplyn het ook Toegelate Gebruiks Beperkings wat beheer moet word en nie
voortdurend verhoog kan word nie, veral gegewe die hoë verbruikspatrone. Die Munisipaliteit
onderneem ‘n aantal inisiatiewe om water verliese, nie-inkomste water te verminder en
inkomste kolleksie te verbeter.
Alle dorpe word geraak weens die ernstige hitte sowel as toenemende aanvraag.
Daarom word daar van alle inwoners verwag om samewerking te gee met die
implimentering van die GOEDGEKEURDE WATER VERBRUIK VERMINDERING
STRATEGIE.
Kennis word hiermee gegee ingevolge die Munisipale Kredietbeheer- en Skuld invorderings
beleid, asook ons Munisipale Verordeninge soos geproklameer en gepubliseer, wat ons
toelaat om die meters soos geïnstalleer deur Dawid Kruiper LM te inspekteer.
Verbruikers word hiermee ingelig oor die aanstelling van Smart Munic, gemagtig is deur Dawid
Kruiper om namens die Munisipaliteit met alle kliënte te skakel. Hierdie mandaat sluit die oudit,
installasie en herstel van meters binne die Munisipale grense in, as ‘n deurlopende poging om
water verliese te verminder, inkomste te verhoog en diens lewering te verbeter.
Alle verbruikers sal, waar van toepassing en onderhewig aan hardeware beskikbaarheid, hul
meters toegerus hê met ‘n tegnologies toestel wat outomatiese meter lesings moontlik maak.
Verbruikers sal, sodra dit voltooi is, die geleentheid hê om aansoek te doen om toegang tot
die monitering van hul meter op ‘n webtuiste.
Die uitrol begin op 18 November 2024 in die Keidebees woongebied, sowel as by alle
Besighede, Hospitale en Staatsentiteite. Verder vind die identifisering van onwettige
konneksies en “bypassed” meters tans plaas in die Paballelo en Rosedale gebiede.
Verbruikers wat sonder toestemming verbindings het, sal ‘n boete op hul maandelikse
rekening gehef word sowel as ‘n vaste koers totdat meter installasies in daardie
spesifieke gebied plaasvind.
Ons vra die samewerking van verbruikers om die doel van hierdie aktiwiteit te bereik.
Versuim om te voldoen, kan lei tot die opskorting van u dienste en/of boete.
Alle tegnikuste sal identiteits kaarte dra en die nodige mandaat brief hê. As u enige
navrae of bekommernisse in hierdie verband het, kontak asseblief:
*E-pos: water@dkm.gov.za *Bel: 054 338 7072 / 7053 / 7153 / 7437 / 7430 / 7200
DIE INISIATIEWE IS OM TE VERSEKER DAT WATER ALLE INWONERS BEREIK EN
NIE OOR GEBRUIK WORD NIE, TERWYL VELE GEBIEDE DAAGLIKSE
ONDERBREKINGS ERVAAR. INDIEN GEVIND WORD DAT VERBRUIK AANHOU STYG,
SAL VERHOOGDE TARIEWE GEPOS WORD.
Copyright © 2017. Dawid Kruiper Municipality. All Rights Reserved.
Designed & Maintained by Dawid Kruiper Municipality - IT | Website T&Cs