Dawid Kruiper Municipality
Munisipaliteit Dawid Kruiper

 


DAWID KRUIPER MUNISIPALITEIT: PERVERKLARING OOR DIE KWALITEIT VAN DRINKBARE WATER

Die gemeenskap woonagtig in die Dawid Kruiper Munisipale regsgebied word hiermee in kennis
gestel dat die munisipale water veilig is vir menslike gebruik, volgens die aanduiding van die
monsters geneem deur ons ekstrene onafhanklike water- en afvalwaterspesialiskonsultant wat ook
die laboratoriumdienste verskaf. Die Dawid Kruiper Munisipaliteit heg die resultate van die week 12-
16 September 2022 hierby aan, insluitend die E. Coli – toetsvoldoening vir Augustus 2022 en
volledige SANS vir Julie 2022 van alle water suiweringswerke. Die toets resultate verwys na AH
September Waterwerke en AH numeriese resultate vir die verspreidingsnetwerk.
Die resultate word direk en onafhanklik deur die diensverskaffer aan die Departement van Water en
Sanitasie gerapporteer om deursigtigheid en geloofwaardigheid te kan verseker. Hierdie
diensverskaffer is geakkrediteer in ooreenstemming met die erkende Internasionale Standaard ISO/
IEC 17025:2017 vir die uitvoering Mikrobiologiese en Chemiese Analises. Die Dawid Kruiper
Munisipaliteit het van 01 Julie tot 04 September 2022 ‘n skoonmaak program handhaaf deur 14
opgaardamme skoon te maak om sodoende enige moontlike risiko van kontaminasie verder te kan
verminder.
Die Dawid Kruiper munisipaliteit doen addisioneel ter plaatse monitering by alle
watersuiweringswerke op ‘n uurlikse basis en nie net een keer per skof volgens die voorgeskrewe
SANS 214-2015 Standaarde nie. Dit sluit die kontrolering van vry chloorvlakke, pH, troebelheid en
elektriese geleiding in. Hierdie werke word uitgevoer deur gekwalifiseerde Prosesaanleg Operatuers
en Toesighouers met NQF4, NQF3, Siviele en Chemiese Ingenieurskwalifikasies ingevolge die
Nasionale Waterwet 1997, regulasies 813 & 2834, met betrekking tot verpligte nasionale standaarde
vir prosesbeheerders en waterdienste suiwerings werke.
Ons glo dat die onlangse smaak en reuke wat inwoners aangemeld het, deur alge veroorsaak kan
word wat groei in die rou waterbron (oranje rivier). Dit word egter beheer deur middel van voor- en
na chlorinering, verwerking van rou water deur middel van die alge verwydering behandelings
proses
(opgeloste lug flotasie) en die gebruik van geaktiveerde koolstof om moontlike kontaminante te
absorbeer. Die onderskeie behandelings proses-eenhede word verder ook gemonitor vir smaak en
bogenoemde toetsing grense. Verdere toetse is uitgevoer en ons wag tans op hierdie resultate.
Die DKM-kontrak met genoemde waterspesialiste sluit die volgende in om veilige drinkbare water te
verskaf ten alle tye:
1. Waterbehandelingswerke (WTW) Terreinverifikasie-inspeksies – (maandeliks – behandeling
doeltreffendheid insluitend mikro-, chemiese en fisiese bepalings)
2. Waterbehandelingswerke Mikrobiologiese monitering (weekliks)
3. Water verspreidingsnetwerk monster nemings program (weekliks – mikrobiologies en fisies)
4. Finale behandelde water storings damme (maandeliks – mikrobiologies)
5. Volledige SANS 241:2015 – Jaarliks – rou en behandelde water (mikrobiologies, chemies,
fisies bepalings)
6. Hersiening van Waterveiligheidsbeplanning- Jaarliks
7. Volledige Behandeling Werk Oudits -Jaarliks
8. Rapportering van alle waterkwaliteit resultate aan die Departement van Water en Sanitasie
– Maandeliks
Die 2022 Bloudruppel-vorderingsverslag wat deur die departement van Water en Sanitasie uitgereik
is, het aangedui dat DKM in die lae risiko kategorie bly en ons kan dus met vertroue sê ons bly
verbind tot die vervaardiging en verskaffing van drinkbare water wat aan die SANS 241-2015-
standaarde voldoen. Verdere kommunikasie sal volg in die in die week om alle inwoners op hoogte
te hou.
Inwoners sal vanaf 19 September 2022 meer inligting op Radio Riverside, DKM ontvang
webwerf, nuusbrief en die plaaslike koerante. Vir meer inligting, kontak asseblief die DKM
Kommunikasie kantoor en die Direktoraat Siviele Ingenieursdienste.


Bulk water analysis  – 7.1 Monthly water quality

Please click to view: 
R3962 – S19488 – Full SANS_ABRAHAM HOLBORS SEPTEMBER-Treated Water Jul 2022
R5269 – S27345 – A.H. SEPTEMBER WATERWORKS Aug 2022
R5599 – S29006 – AH 7 Sep 2022
R5600 – S29044 – A.H. SEPTEMBER WATERWORKS Sep 2022
R5599 – S29050 – AH 12 Sep 2022
R5599 – S29051 – AH 4 Sep 2022
R5599 – S29005 – AH 6 Sep 2022
R5658 – S29325 – AH 5 Sep 2022
R5658 – S29326 – AH 2 Sep 2022
R5658 – S29324 – AH 1 Sep 2022
R5658 – S29327 – AH3 Sep 2022


Quick Links

Tourism in Dawid Kruiper

Tourism in Dawid Kruiper

Complaints Procedure

Update your Information

Customer Satisfaction Survey 2021

Weather in Upington

Copyright © 2017. Dawid Kruiper Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Dawid Kruiper Municipality - IT | Website T&Cs