Dawid Kruiper Municipality
Munisipaliteit Dawid Kruiper

 


EIENDOMSWAARDASIEPROSES ONDER DIE MUNISIPALE EIENDOMSBELASTINGWET

In ooreenstemming met die Plaaslike Regering: Munisipale

Eiendomsbelastingswet, 2004 (Wet
6 van 2004), soos gewysig, moet munisipaliteite eiendomswaardasies uitvoer om billike en regverdige
belasting op eiendomme te verseker. Die waardasieproses word deur spesifieke afdelings van die Wet gereguleer om deursigtigheid, akkuraatheid en voldoening te verseker. Hieronder is ‘n kort oorsig van die belangrikste stappe:
1. Algemene Waardasie en Frekwensie (Afdelings 30 & 31) Munisipaliteite moet minstens elke vyf jaar ‘n algemene waardasierol opstel. Hierdie waardasie bepaal die markwaarde van alle eiendomme binne die munisipale jurisdiksie soos op die waardasiedatum, wat 1 Julie 2024 is. Die rol word dan gebruik om eiendomsbelasting
te bereken, met implementering wat geskeduleer is vir 1 Julie 2025.
2. Datum van Waardasie (Afdeling 32)
Die munisipaliteit stel ‘n spesifieke waardasiedatum vas wat dien as die verwysingspunt vir die bepaling van eiendomswaardes. Die waardasies weerspieël die eiendom se markwaarde
op daardie datum om eenvormigheid en regverdigheid te verseker. Die waardasie datum vir die 2025 – 2030 Waardasrierol is 1 Julie 2024.
3. Kriteria vir Eiendomswaardasie (Afdelings 45 & 46) Eiendomswaardes word bepaal op grond van markverwante data en verskeie faktore, insluitend:
-Vergelykbare verkoopsdata en tendense.
-Eiendomsverbeterings, gebruik en toestand.
-Ligging en soneringsregulasies.
-Inkomstepotensiaal vir inkomste-genererende eiendomme. ‘n Gekwalifiseerde munisipale waardeerder voer die waardasie uit en verseker nakoming van voorgeskrewe standaarde.

Markwaarde word gedefinieer as:
“Die markwaarde van ‘n eiendom is die bedrag wat die eiendom sou realiseer indien dit op die waardasiedatum in die oop mark verkoop word deur ‘n gewillige verkoper aan ‘n gewillige koper.”
4. Openbare Deelname en Besware
Nadat die waardasierol opgestel is, word dit beskikbaar gestel vir publieke inspeksie. Eiendomseienaars het die reg om beswaar aan te teken indien hulle glo dat hul eiendomswaarde verkeerd is of, enige aangeleentheid wat in of weggelaat is uit die rol. Indien ‘n beswaar aangeteken word teen die waarde van die eiendom, moet dit slegs gedoen word
indien die beswaarmaker van mening is dat die waarde soos dit in die rol verskyn, nie die Markwaarde soos per die definisie weerspieël nie.
Besware gebaseer op die volgende gronde sal nie as geldig beskou word nie en mag
van die hand gewys word:
1. Die aandui van ‘n persentasie toename in waarde deur die vorige waarde met die Nuwe waarde te vergelyk: Dit is nie ‘n geldige rede vir beswaar nie, aangesien dit nie gepaste markbewyse daarstel nie en as ‘n ongeldige beswaar verwerp sal word. Die doel is om die markwaarde te bepaal soos op die datum van waardasie.
2. Verhoging in of bekostigbaarheid van Tariewe en Belasting: Die bepaling van TARIEWE word deur aparte wetgewing beheer en is nie deel van hierdie beswaarproses nie. Indien daar ‘n beduidende toename in waardes in die nuwe waardasierol is, sal die munisipaliteit die moontlikheid ondersoek om tariewe aan te pas gedurende die 2025/2026 MTREF Begroting voor die implementering van die waardasierol op 1 Julie 2025 om hierdie waardeverhogings te versag in ooreenstemming met die relevante wetgewing en deur ‘n openbare
deelnameproses.
3. Onvoldoende markbewyse om markwaarde te staaf: Dit word vereis dat die Beswaar maker voldoende markbewyse verskaf om die versoekte verandering in waarde te regverdig.
4. Beswaar teen verskeie eiendomme op een beswaarvorm: ‘n Afsonderlike Beswaar Vorm moet vir elke individuele eiendom voltooi word. Alle vorms sal beskikbaar wees op ons webtuiste.
5. Vergelyking van die waarde van een eiendom met dié van ‘n ander eiendom in die waardasielys: Dit is nie ‘n geldige rede vir beswaar nie, aangesien dit nie gepaste
markbewyse daarstel nie en as ‘n ongeldige beswaar verwerp Die waardasieproses is fundamenteel om billike eiendomsbelasting te verseker, wat munisipaliteite in staat stel om inkomste vir noodsaaklike dienste te genereer.
Eiendomseienaars word aangemoedig om hul waardasies te hersien en met die munisipaliteit in gesprek te tree indien hulle enige bekommernisse het.
Vir meer inligting, besoek die munisipale kantore of webwerf.

Copyright © 2017. Dawid Kruiper Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Dawid Kruiper Municipality - IT | Website T&Cs