Dawid Kruiper Municipality
Munisipaliteit Dawid Kruiper

 


Kennisgewing: k48/2024 – Registreer op die Munisipale Databasis vir Werklose Jeugdiges

Die Plaaslike Owerheid is ‘n gelyke geleenthede en regstellende aksie werkgewer en nooi graag hiermee werklose jeugdiges uit om te registreer op die Munisipale databasis vir werklose jeugdiges

Slegs Persone tussen die ouderdom van 18 en 35 jaar

  • Die inligting op die databasis bly konfidensieël ingevolge die POPI Act
  • Die inligting op die databasis sal slegs gebruik word wanneer opleidingsprogramme / leerlingskappe / internskappe beskikbaar is
  • Geregistreerde kandidate sal slegs gekontak word indien hul aan ‘n spesifieke program se toelatingsvereistes voldoen
  • Suskesvolle deelname aan enige program is totaal onderworpe aan die diskresie van die spesifieke progambestuurder
  • Kandidate is self verantwoordelik om inligting op te dateer by die munisipaliteit en of indien enige besonderhede verander

Alle aansoeke vir registrasie op die databasis moet asb met die volgende vergesel word:

  • Dekbrief
  • Volledige Curriculum Vitae
  • Gesertifiseerde afskrif van u identiteitsdokument
  • Gesertifiseerde afskrif van u matrieksertifikaat / resultate van hoogste graad geslaag
  • Gesertifiseerde afskrifte van enige ander kwalifikasies
  • Gesertifiseerde afskrif van u rybewys (indien in besit daarvan)

Persone met gestremdhede word aangemoedig om hul te registreer op die databasis

Sluitingsdatum:

Vrydag, 20 Desember 2024, 16:00

Volledige curriculum vitae’s met die voorgeskrewe ondersteunende dokumente kan gerig word aan:

Die Waarnemende Senior Bestuurder Menslike Hulpbronne, Munisipaliteit Dawid Kruiper, Privaatsak X6003,Upington,8800

Aansoek wat per hand afgelewer word kan ingedien word in die aansoekbussie in die voorportaal van die Munisipaliteit

Geen aansoeke wat per e-pos gestuur word sal aanvaar word nie.

Onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie

Navrae rakende die bogenoemde kan aan Leonard Zaula by telefoon: (054) 3387040 gerig word.

 

Die uwe

DR E NTOBA

MUNISIPALE BESTUURDER

 

Copyright © 2017. Dawid Kruiper Municipality. All Rights Reserved.

Designed & Maintained by Dawid Kruiper Municipality - IT | Website T&Cs