Die Dawid Kruiper Munisipaliteit lig hiermee alle inwoners formeel in dat daar ‘n WATER
VEBRUIK UITDAGING is. Die aanvraag het die afgelope 2-jaar erg toegeneem, weens
die uitbreiding van dorpe en die infrastruktuur wat onder druk is.
Alle dorpe word geraak weens die erge hitte asook toenemende aanvraag. Dit word
dus vereis dat alle inwoners saam werk en NAKOMING gee aan die GOEDGEKEURDE
WATERVERBRUIK VERMINDERINGS STRATEGIE.
As ons nie vordering maak om te verseker dat verbruik verminder word nie, sal water
onderbrekings meer gereeld, ernstig word en meer gebiede sal op ‘n voltydse basis
geraak word!
Die Munisipaliteit het ‘n volledige water stelsel ontleding deur onafhanklike konsultant firmas
voltooi wat huidige en toekomstige water aanvrae verifieer, asook prioriteits projekte, water
besparing en aanvraag bestuur strategie-implementering en sakeplanne daarstel. Spesifieke
groot kapitaalprojekte en kleiner waterprojekte sal in lyn gebring word met alle Munisipale
Toelae. Talle groot maat water opgraderings is reeds onderskeidelik in die beplannings en
implementerings fase en verdere befondsings goedkeurings word gewag.
Daar is gevind dat die verbruiks patrone buitengewoon hoog is – ver bo die Nasionale Norme
en Standaarde, ongeag die hitte toestande en plantegroei in die semi-woestyn gebied. Die
onttrekking uit die Oranjerivier, Besproeiingskanale en die Kalahari-Oos Pyplyn het ook
Toegelate Gebruiks Beperkings, wat beheer moet word en nie voortdurend verhoog kan word
nie, veral inagenome die hoë verbruiks patrone. Die waterbesparing en aanvraag bestuur
strategie is tans in implementerings fase as ‘n voorvereiste om nie goedkeuring van grootmaat
opgraderings befondsing te belemmer nie en te verseker dat die beskikbare water alle
inwoners bereik. Dit sluit grootmaat-uitrol van water aansluiting oudits, grootmaat/residensiële
metering, verwydering van ongemagtigde konneksies/ meters, insluitend die oplegging van
boetes en vaste tariewe waar van toepassing. Inwoners sal op ‘n weeklikse basis ingelig word
watter areas aangespreek sal word.
DKM verstaan dat water ‘n basiese mense reg is, maar ons as die Munisipaliteit en Inwoners
moet gesamentlike verantwoordelikheid neem om te verseker dat ons die beskikbare water
spaarsamig gebruik. Ons versoek inwoners om pogings in hul huise aan te wend om water
verbruik te verminder met die oog daarop dat die verouderende infrastruktuur onder erge druk
is en talle gebiede reeds daaglikse toevoer onderbrekings ervaar. Die verbruik is tans Dubbel
die Nasionale Norme en Standaarde, ongeag die hitte toestande.
DIE INISIATIEWE MOET VERSEKER DAT WATER ALLE INWONERS BEREIK EN NIE
OORBENUT WORD NIE TERWYL TALLE GEBIEDE ONDERBREKINGS ERVAAR. SOU
DIT BEVIND WORD VERBRUIKE NEEM STEEDS TOE, SAL VERHOOGDE TARIEWE
IMPLEMENTEER WORD.
SPAAR VANDAG WATER, VERSEKER ALMAL MORE.
ERNSTIGE WATER BESPARING OM WATER VERBRUIK EN HOË
WATER HEFFINGS TE VERMINDER.
GEBRUIK BAIE MINDER WATER WAAR JY GAAN – DIE MUNISIPALE
DRINKWATER WAT JY GEBRUIK, KOM VAN DIESELFDE WATERSTELSEL
WAT ALLE INWONERS MOET BEREIK!!
Alle inwoners moet tuine slegs tussen 18:00-20:00 (Maandae-Vrydae) besproei
wanneer die verdampingstempo afgeneem het : dit is noodsaaklik om te verseker dat
water almal bereik tydens die spitsverbruik periodes, veral die verste gebiede. Hierdie
besproeiingskedule is van toepassing op alle gebiede. Alle outomatiese
besproeiingstelsels moet volgens die gespesifiseerde tye geprogrammeer word,
insluitend privaat inwoners.
Die DKM-parke-besproeiing sal slegs tussen 08:00-10:00 Maandag en Vrydag
plaasvind. AS JY ‘N DKM-PARK SIEN
BUITE HIERDIE TYDRAAM BESPROEI,
STUUR ‘N WHATSAPP EN FOTO NA DKM.
Plaas ‘n swembadbedekking wat verdamping aansienlik verminder. Hergebruik die
terugspoelwater. Moet nie jou swembad oorvol maak nie.
Sprei ’n bedekking (“mulch”) tussen jou plante om verdamping te verminder – gebruik
gesnyde gras, blare, stukkies boombas of strooi.
Plant plante wat minder water gebruik.
Verminder die waterdruk na jou eiendom deur jou afsluit klep kleiner toe te draai.
Gebruik minder toiletpapier om die risiko van ‘n verstopte drein te verminder en
moenie jou toilet as ‘n vullisdrom gebruik nie.
Maak die toilet se (afsluit klep) toe as dit lek.
Draai die kraan toe tussen om jou gesig te was, jou tande te borsel of te skeer
Copyright © 2017. Dawid Kruiper Municipality. All Rights Reserved.
Designed & Maintained by Dawid Kruiper Municipality - IT | Website T&Cs